Watter dieet pille werk regtig goed?

Ek het lanklaas ‘n blog post geskryf so vandag het ek besluit om iets wat ek beskryf as ‘n “moeilike onderwerp” aan te pak. Ek soek gereeld vir nuwe onderwerpe om oor te skryf vir Wees Gesond en “dieet pille wat regtig werk” is werklik een waaroor ek lank moes dink…

As jy dit nog nie weet, ek het reeds ‘n paar dieet artikels geskryf waar ek onder andere resensies geskryf het oor die 3 week dieet plan,  sop dieet, koolsop en hoe om gewig te verloor om jou maag. As dit die eerste keer is wat jy Wees Gesond besoek sal die prent hierorder vir jou vinnig touwys maak en wys waar om hierdie artikels te vind:

So, hoe vind ‘n mens uit watter dieet pille werk of is werklik waar effektief? Die maklikste antwoord waarmee ek kan opkom is: jy probeer dit en kyk wat werk vir jou die beste. Dit mag dalk die slegste advies wees ooit! Ek twyfel sterk dat om van een dieet pil tot die ander te spring gesond kan wees vir ‘n mens se liggaam – dit klink vreeslik onnatuurlik…

Die Suid-Afrikaanse mark is reeds so oorvol met gesondheid produkte dat ‘n mens heeltemal oorweldig kan voel en net nie weet watter produk om te kies nie. Dit voel vir my wel of daar meer dieet pille bestaan as programme of eetplanne (banting, paleo, ens.). Gaan besoek enige groot apteek soos Durbell of Dischem en jy sal hordes kry  om van te kies.

Jy mag dalk van meer produkte weet, maar die mees bekendste dieet pille wat ek van weet en wat ek sien adverteer word aanlyn in Suid-Afrika sluit in:

  • Garcinia Cambogia
  • Groen tee produkte
  • Rasberry Ketone Plus
  • Forskolin
  • En soveel meer…

As ek wou sou ek ‘n boek kon skryf oor al hierdie produkte, die nadele en voordele, wat dit behels ens. Let wel: ek noem maar net ‘n paar wat ek weet bekend is, ek het nie almal al self probeer nie…

‘n Eenvoudige manier om uit te vind of ‘n produk werk is om mense te vra hoe hulle ervaring met daardie spesifieke produk was. Dit kan maklik gedoen word aanlyn deur getuigskrifte te lees wat vertoon word op die dieet pil se webwerf. Let net wel dat die kanse baie goed is dat daardie getuigskrifte vooroordeel word deur die eienaars en dat hulle net die beste getuigskrifte op hulle webwerf vertoon.

Wees maar net wakker wanneer jy daardie getuigskrifte lees en vat dit met ‘n knippie sout. ‘n Beter alternatief sal natuurlik wees om jou dokter, ‘n vriend of familie lid wat reeds die produk gebruik het, of selfs ‘n dieetkundige te vra vir meer inligting.

Persoonlik hou ek nie baie van die idee van dieet pille gebruik nie en sal eerder fokus op reg eet, oefen en ander natuurlike metodes, maar ek weet nie almal voel dieselfde nie. Die feit is ook dat baie van hierdie pille werklik werk en mense vinnig resultate bied.

Ek het besluit om die kommentaar afdeling onder hierdie artikel oop te maak want ek is nuuskierig om uit te vind wat julle dink van hierdie onderwerp. As jy reeds dieet pille gebruik het wat regtig gewerk het of dalk selfs ‘n paar probeer het wat niks vir jou gedoen het nie lewer kommentaar hieronder en vertel vir ons almal van jou ervaring…