Voordele van heuning en kaneel

Ek was nog altyd lief vir die soet dinge in die lewe, maar het oor die afgelope jaar probeer om so veel as moontlik onnatuurlike suiker uit my dieet te verwyder. Ek sal nou net in detail gaan of en dit reg kry of nie… Ek het al hoe meer heuning begin eet en moet sê: Ek is mal daaroor! In hierdie artikel gaan ek kyk na watter gesondheidvoordele heuning asook kaneel, die kaneel is vir julle sonder ‘n soet tand, oor beskik.

Heuning

Heuning is amper so oud soos die mens homself en was selfs gebruik in die Bybelse tyd (land van melk en heuning). Heuning is ‘n natuurlike byproduk wat deur bye produseer word en het ‘n ongelooflike lekker soet smaak. Dit bevat ook ‘n klomp goeie vitamines en word gereeld gebruik vir menigde boererate of “home remedies”. Sommige mense praat soms van ‘n sekere heuning en kaneel resep wat ‘n persoon kan help gewig verloor (lees meer van gewig verloor hier) wat ek ook kortliks sal bespreek.

Heuning is baie bekend vir sy anti inflammatoriese eienskappe maar bevat ook ‘n lang lys van vitamines en minerale wat goed is vir jou liggaam. Hierdie vitamines sluit in:

  • Vitamine C
  • Vitamine B6
  • Kalsium
  • Yster
  • Zinc
  • En nog baie meer (Sien bron vir die volledige lys)

Kaneel

Om die smaak van kaneel te beskryf mag dalk moeilik wees vir sommige mense maar ‘n vinnige internet soektog het bewys dat meesde dit beskryf as ‘n pittige kombinasie van bitter en soet. Een van die beste beskrywings wat Afrikaners kan hê as dit kom by kaneel, is die smaak van ‘n warm pannekoek met kaneelsuiker daaroor. Kaneel is bewys om heelwat goed te wees vir maag of spysvertering probleme sowel as gewrigsprobleme.

Kyk hoe hierdie persoon heuning en kaneel meng vir ‘n vinnige gewig verloor drankie:

Kaneel en heuning saam

Beide hierdie produkte bevat baie gesonde bestanddele en mens kan net raai dat deur om hulle saam te gebruik, kan lei tot wonderlike resultate. Hier is ‘n paar siektes of gesondheids toestande waaroor ‘n kombinasie van heuning en kaneel voordelig kan wees. Onthou om die webwerf in ons bron te lees vir ‘n volledige beskrywing so wel as bronne lys vir al hierdie oplossings.

  • Allergieë
  • Verkoues
  • Puisies en vel probleme
  • Spysvertering kwale
  • Energie verbetering

Bron: http://draxe.com/honey-cinnamon-benefits/