3 Maklike maniere om gewig te verloor om die maag binne ‘n kort tydperk

Terwyl ek hierdie artikel skryf is dit gelukkig winter so indien jy ‘n paar ekstra lagies vet rondom jou maag of middel het is daar nog ‘n paar maande om daarvan ontslae te raak. Ek dink om gewig te verloor om die maag is een van die mees gewildste areas waar mense wil goed lyk. Sommiges streef selfs na die beroemde ses-pak / “six pack” (maagspiere) terwyl ander net ‘n plat magie soek. Ek het gaan navorsing doen op verskillende effektiewe maniere om ontslae te raak van daardie maag vet. Die volgende 3 wenke wat ek het vir jou het is eenvoudig, effektief en volgens my eie persoonlike ervaring van die beste. Voor ek begin kan jy gerus kyk na my resensie oor dieet sop kyk of selfs verdere ondersoek stel in die gewig verloor programme wat ek vir jou hieronder ook gaan lys.

Gewilde programme om gewig te verloor om jou maag

Kliek gerus op die afdeling in die menu (heel bo aan die webwerf) genoem “Gewigsverlies Metodes” vir meer artikels oor hierdie onderwerp.

Eenvoudige metodes om gewig te verloor

Kom ons beweeg terug na verskillende maniere wat ek gevind het deur my navorsing wat jou kan help gewig verloor. Ek gan vir jou sonder twyfel sê dat dit kom neer op ‘n kombinasie van oefening, dieet en disipline. Hier volg die drie metodes wat ek gevind het:

Vermy suiker en soet goed ten alle koste

Hierdie reel is vir my een van die moeilikste. Alhoewel ek dit reg kry om sekere kosse met hoë suiker vlakke te vermy het ek steeds ‘n soet tand en eet gereeld ‘n sjokolade of lekkertjie. Die feit bly staan dat bygevoegde suiker, of ‘n oormaat daarvan, baie ongesond is en kan lei tot talle siektes. Dit mag dalk ook een van die redes wees hoekom so baie mense deesdae lei aan diabetes. Suiker bestaan uit helfte glukose and die ander helfte fruktose. Terwyl fruktose slegs gemetaboliseer kan word deur jou lewer in enige beduidende hoeveelhede veroorsaak dit dat ‘n oormaat suiker inname lei tot vet wat geform word. Volgens talle studies eindig baie van hierdie vet op in jou maag – die een plek waar mens dit juis nie wil hê nie.

Sonder om jou verder to verveel met wetenskaplike redes wil jy seker weet wat jy moet doen om jou suiker inname te beperk? Die maklikste manier is om te begin om suiker te verwyder in jou daaglikse dieet. Dit sluit in gas koeldranke (hierdie bevat veral baie suiker), soet tee / koffie, vrugte sappe en selfs energie drankies. Alhoewel vrugte ook baie suiker bevat sien die kenners dit as natuurlik en goed vir jou – iets wat jy eerder by jou dieet kan insluit in plaas van verwyder. Party mense verruil suiker vir iets soos heuning of xylotol wat ook goeie opsies is.

verloor gewig om die maag in 7 days, 3 dae, 2 wekeVerwyder koolhidrate van jou dieet

Om jou koolhidraat inname te beperk is ‘n baie gewilde en doeltreffende manier om gewig vinnig en maklik te verloor om jou maag. Ek moet dalk nie “maklik” sê nie want as jy gewoond is aan ‘n dieet met baie koolhidrate mag dit dalk ‘n tydjie neem voor jou liggaam aanpas. Jy mag dalk sukkel met ‘n gevoel van hongerte in die begin (my persoonlike ervaring) en dit sal heelwat disipline verg om deur dit te kom.

Daar is ook talle studies gedoen wat verlaagde koolhidraat dieete verbind met gewig verloor. Ek gaan nie heeltemal in diepte ingan met elkeen van hierdie studies nie. Weet net dat indien jy besluit om verfynde koolhidrate te verymy soos wit brood, pasta, ensovoorts behoort jy redelik vinnig gewig te verloor. Ek kan persoonlik nie waarborg dat jy binne 3 dae, 7dae, 1 week of selfs 2 weke gewig sal verloor nie (hopelik darem binne 2 weke) aangesien daar so baie faktore is wat die proses affekteer. “Scroll” gerus na die einde van die bladsy om meer te lees van hierdie wenke deur die bron van hierdie artikel te bestudeer.

Aerobiese oefening is baie effektief met die vermindering van vet om jou middel

My laaste wenk aan jou is om jou gat in rat te kry en te begin oefen! Al besluit jy dat jy net wil gewig verloor in watter area ookal van jou lyf, oefen! Doen veral die tipe oefening wat jou hart lekker vinnig laat klomp en jou laat hyg vir jou asem – dit het talle voordele. Dit is een van die beste dinge wat jy kan doen om’n lang en gesonde lewe te lei. Dieet is belangrik, maar so baie mense doen geen oefening nie en dan wonder hulle hoekom hulle siek, oorgewig of altyd moeg is. Jou liggaam is gemaak om te werk en nie heeldag voor die rekenaar te sit nie – ongelukkig het ons as mensdom bietjie lui geraak. Jy kan eintlik ‘n artikel heeltemal op sy eie skryf oor al die voordele wat oefening behels.

Onthou net daar is ‘n verskil tussen spesifieke spiere oefen teenoor draf, sprints, berg klim, fiets ry, swem, en die ander aerobiese oefeninge wat beskikbaar is. Aerobiese oefening (soos stap, hardloop, swem, ens) het getoon dat dit ‘n groot vermindering in maag vet veroorsaak onder talle studies.

Om af te sluit

Ek hoop jy het my gewig verloor wenke geniet en kan dit werklik gebruik om maklike en vinnige gewig verloor resultate te toon. Onthou net dat hierdie maar slegs 3 maniere is en daar steeds talle ander wenke beskikbaar is. Indien jy voel hierdie is nie genoeg nie verwys gerus na my lys van gewilde gewig verloor programme deur hier te kliek. Andersins wens ek jou alle sterkte en hoop jy bereik jou doelwitte deur vet te verbrand en ‘n gesonde leefstyl te lei!

Bron: Authoritutrition.com


Terug na hoofblad