Lekker vegetariese dieetsop resep

Julle behoort teen hierdie tyd al te weet dat ‘n goeie sop dieet jou kan help om gewig te verloor soos ek hier geskryf het by weesgesond.co.za/sop-dieet-plan. Alhoewel ek persoonlik baie hou van ‘n lekker hoender of vleis sop is daar ‘n paar vegetariese opsies wat ook nie te sleg is nie. Vandag se artikel is net vir diegene wat dalk nie so mal is oor vleis is nie. As jy ‘n Suid-Afrikaner is kan ek amper nie glo jy  hou nie van vleis nie maar aan die ander kant weet ek wel dat daar vegetariërs is in ons pragtige land.

Hierdie sop dieet resep het ek gekry by boldsky.com – ek sal die link na hulle webwerf sit in die bronne lys onder aan hierdie artikel.

Die sop resep wat hier tersprake is,  is ‘n peper suurlemoen en groente kombinasie. Dit klink na ‘n snaakse kombinasie van die oog af, maar sodra jy die bestanddele sien behoort jy te sien dat dit wel lekker sal smaak. Hierdie sop resep bevat baie gesonde bestanddele wat dit ‘n gesonde maaltyd maak. Jy kan dit eintlik enige tyd van die dag eet en is ook wonderlik as ‘n voorgereg met ‘n formele ete.

Die kenners van boldsky.com sê dat dit selfs as ‘n gesonde drankie kan gebruik word en kinders ook daarvan sal hou. Hierdie resep behoort genoeg te wees vir ongeveer 4 mense en vat ongeveer 30 minute of voorteberei en te maak. Kom ons kyk gou wat alles in hierdie mini sop dieet gaan.

Sop bestanddele

Alle bestanddele moet opgekap word.

  • Jy benodig een koppie elk van die volgende:
    • Wortels
    • Ueie
    • Capsicum
    • Sprietuie
  • 25 Telepels van:
    • Knoffel
    • Gemmer
  • 3 Telepels mielie meel
  • 5 Telepels peper
  • 2 Telepels lemoensap
  • 2 koppies groente stalk
  • Olie
  • Sout

Hoe om die sop bymekaar te sit

  • Neem ‘n pan, gooi by die olie en sodra dit warm word gooi knoffel en gemmer by en roer die pan.
  • Gooi dan al jou uie, wortels, kool en sprietuie by.
  • Roer die pan en gooi by jou groente stalk.
  • Nou is dit tyd vir sout en pepper sowel as om die pan weereens te roer.
  • Meng die meel met ‘n bietjie water om dit ‘n lekker papperige tekstuur te gee en sit dit dan by die sop.
  • Sluit af deur jou suurlemoensap by te gooi, roer vir 5 minute en laat kook vir 15 minute.

Daarna is jy reg om ‘n lekker vegetariese peper en suurlemoen sop te eet!

Hier is nog ‘n lekker variasie van hierdie resep:

Bron: http://www.boldsky.com/cookery/soups-snacks-drinks/vegetarian-soup/diet-soup-recipe-vegetable-pepper-lemon-soup-102017.html