Maklike koolsop dieet plan met resepte

Ek was nog nooit iemand wat gehou van kool nie maar talle glo dat koolsop baie goed is vir mense wat gewig wil verloor. Ek het reeds ‘n artikel geskryf oor sop dieet resepte maar om een of ander rede is daar steeds baie navraag oor kool. Die konsep van die koolsop dieet plan bly ongeveer dieselfde as my vorige artikel: verlaag jou inname van koolhidrate, suiker en ander kos soorte wat nie so goed gewig verloor om die maag veroorsaak nie en jy behoort vinnig gewig te verloor. Teenoor my ander artikels gaan hierdie een kort wees en gaan ek slegs ‘n koolsop dieet resep vir jou. Ek hoop jy geniet dit en eet lekker!

7-dag Koolsop dieet resep

'n koolsop dieet plan en resep vir almalBestanddele wat jy benodig

  • Halwe kop kool wat opgesny is
  • 1 koppie seldery, in blokkies gesny
  • 1 koppie wit of geel ui, in blokkies gesny
  • 1 koppie wortels, in blokkies gesny
  • 1 groen soetrissie, in blokkies gesny
  • 2-3 fyn knoffelhuisies
  • 4 koppies hoender bouillon (chicken broth)
  • 14 oz kan Basil, oregano, knoffel blokkies tamaties
  • 1 teelepel origanum
  • 1 teelepel basilie
  • Halwe teelepel rooi peper stukkies
  • So ‘n bietjie swart peper
  • Halwe teelepel sout (opsioneel – maar ek hou van sout so gooi hom gerus by)

Hoe om die koolsop dis voor te berei

  • Verhit 2 eetlepels olyfolie in ‘n groot pot oor ‘n medium-tot warm tempratuur
  • Voeg by jou seldery, uie, soetrissies en wortels.
  • Kook hierdie groentes tot dit effense sag is in die olie.
  • Gooi jy knoffel by en roer dit in met die res van die groente.
  • Gooi by jou hoendersop (Chicken broth).
  • Roer in die tamaties en voeg by die kool.
  • Bring tot kookpunt en verlaag die hitte.
  • Kook die kool tot dit sag is.
  • Voeg by jou speserye: origanum, basiliekruid, rooi peper flakes, swartpeper en sout.
  • Proe jou sop en pas geurmiddels aan indien dit nodig is.

Verdere wenke om dit nog meer lekker te maak:

Jy kan amper enige speserye bygooi wat jy voel dit nog lekkerder sal laat proe. Onthou ook om genoeg sop te maak vir die volgende paar dae en stoor dit in die yskas om dit vars te hou. Vir meer soortgelyke dieet resepte kliek hieronder…


Bron: http://divascancook.com/wonder-soup-recipe-weight-loss-soup-7-day-diet-cabbage-soup