Wat is ‘n sop cleanse?

Ek is amper 100% seker dat “soup cleanse” nie vertaal word as sop reineging nie, maar aangesien ek nie die best Afrikaanse blogger is in die wêreld nie is dit goed genoeg vir my. Kyk, wanneer dit kom by produk ontwikkeling en dieete is die Amerikaners net ‘n op vlak van hul eie. Hulle is eintlik behep met allerhande dieete en hou ook baie daarvan om te praat van detox / reinigings vir jou liggaam. Die idee van detox kom ook van die terme “juicing” wat ‘n persoon probeer om al die slegte dinge uit sy liggaam te werk deur tonne sap te drink. Persoonlik klink dit nie baie lekker vir my nie.

‘n Joernalis van Business Insider het ‘n sop reiniging probeer en het haar resultate aan die publiek gebied. Onthou hoe ek genoem het dat Amerikaner ver voor ons is ten opsigte van produkte en dieete? Wel, jy kry selfs sop in botteltjies wat spesifiek ontwerp is vir die doel om te “sop cleanse / detox”. Jy kan hierdie produkte sien by soupure.com. Jy kan ook die video van Soupure kyk waar mense dit produkte uitprobeer.

Wat lekker is van sop is dat die mense nostalgies laat voel. Dit kan jou dalk laat dink aan wanneer jou ouma vir jou sop gemaak het of toe jy siek was een keer en ‘n spesifieke sop jou laat beter voel het. Die soupure dieet of “cleanse” kos wel $65 wat in Suid-Afrikaner termes heelwat baie geld is net vir ‘n paar botteltjies sop. Boonop is ek ook nie seker dat dit beskikbaar is in Suid-Afrika nie…

As so ‘n sop cleanse vir jou interessant klink lees gerus die hele storie deur ons bronnelys onderaan te besoek. Onthou ook dat ek ‘n resensie gedoen het en meer inligting bied oor bekende sop dieete op hierdie bladsy: http://weesgesond.co.za/sop-dieet-plan


Bron: http://www.businessinsider.com/soup-cleanse-review-2016-2