Meer oor ons

Weesgesond.co.za is ‘n internet projek wat beoog om gesondheidadvies aan te bied in ‘n maklike leesbare formaat met soveel as moontlik van daardie inligting in Afrikaans (soos reeds genoem op ons hoofblad). Hoekom dan maak ek nog ‘n “Meer oor ons” bladsy as ons dan reeds alles gesê het op die hoof bladsy? Wel, ons wil so deursigtig as moontlik wees in hierdie webwerf en voel dit is belangrik om openlik te wees met alles wat ons doen.

Let wel, behalwe om jou akkurate en werklike goeie informasie oor gesondheid in Afrikaans aan te bied, maak weesgesond.co.za wel kommissie uit die koop van produkte deur ons “affiliate links”. Dit beteken dat die maatskappye wie se produkte ons hier adverteer ons ‘n persentasie betaal vir elke verkope wat ons vir hulle stuur deur ons webwerf. As jy kliek op die produkte of “links” (skakels) binne ‘n artikel of reg deur die webwerf en dan die produk koop, kry ons ‘n kommissie daarvoor.

Hierdie geld help om al die ure wat spandeer word aan artikels, webwerf kostes ens. te dek sowel as om die geld te herinvesteer en die webwerf verder te laat groei.

Alhoewel geld-maak op die spel is, belowe ons om die gesondheid inligting so akkuraat as moontlik te hou deur gereeld te verwys na betroubare internet of boek bronne en jou alterniewe oplossings aan te bied waarookal moontlik.

Vir meer inligting hieroor lees ons “Privacy policy”, vrywarings klousule (Disclaimer), en ook “Belangrike Vrywarings Klousule” gedeelte heelonder aan elke bladsy (in die footer) voordat jy enige gesondheidveranderinge maak. Jy kan selfs ‘n resensie oor ons skryf – vind meer uit daarvan hier.

Groete

Die Wees Gesond span