Wat is die lekker resepte vir die jonger geslag blog?

Elke nou end an wil ek oor iets skryf wat ‘n bietjie rustiger en minder dramaties is en daarom stel ek vandag aan julle bekend die “lekker resepte vir die jonger geslag blog”. Nou, waaroor skryf ek oor hierdie blog en is dit werklik waar ‘n webwerf wat jy as Afrikaner sal wil besoek? Al wat ek kan sê is dat honderde ander Suid-Afrikaners elke maand soek vir hierdie spesifieke blog op die internet en dit alleen gee vir my ‘n indikasie dat dit die moeite werd is om te noem op Wees Gesond.

Hier is ‘n “screenshot” van die website:

Waaroor gaan die Lekker resepte vir die jonger geslag blog?

Hierdie blog, in al sy glorie, gaan oor resepte, lekker eet, nog ‘n paar resepte, weeklikse eetplanne en nog meer resepte. Die persoon wat die blog begin het, het dit gegroei tot ‘n baie bekende webwerf en alhoewel die blog self eenvoudig lyk kan ‘n mens sien dat sy heelwat baie moeite doen om dit op datum te hou. Alhoewel sy Mei maand laas ‘n nuwe blog post geskryf het, het sy reeds 200+ resepte en blog posts geskryf oor ‘n tyd perk van baie maande. Ek is ook mal oor die feit dat sy nie net vir jou die resep lys nie, maar dat sy ook die tyd neem om pragtige fotos daarvan te neem. Ek is seker enige iemand wat lief is vir kook sal weet hoe belangrik dit is om ‘n voorbeeld van die eindproduk te sien voordat jy dit self maak…

Indien jy haar webwerf besoek kan jy verwag om vanaf internasionale, tot plaaslike of tradisionele en selfs dieet resepte daar te vind. Daar is meer as 60 Diabeet artikels geskryf wat dit ook werklik waardevol maak vir Suid-Afrikaners wat sukkel met hierdie mediese toestand.

Haar nuutste post oor ingelegde pepedews lyk veral baie lekker (sien dit hier).

Een ding is verseker en dit is dat ons Suid-Afrikaners mal is oor lekker eet. Of dit nou beteken dat ons ‘n lekker braai hou of ‘n bobaas kookster ‘n wonderlike dis opstel: Ons eet altyd lekker…

Besoek gerus http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com en eet soos ‘n Suid-Afrikaanse koning!

Kyk ‘n bietjie na hierdie lekker poitjie kos resep video: