Gesondheid voordele van Kool

groen koolMet al hierdie sop dieet en kool artikels wat ek onlangs geskryf het voel ek dit is nodig ek uit te vind wat die werklike gesonheid voordele van kool regtig is. Soos ek al menegde kere genoem het is kool nie een van my gunstelinge kosse nie maar baie keer is die kos wat so sleg proe goed vir jou. Dit is tenminste wat ek geleer was toe ek ‘n kind was en sekerlik baie ander ook…

Nadat ek hierdie navorsing gedoen het en gevind het hoe gesond kool is, begin ek dit te oorweeg om kool meer in my dieet in te sluit. Kool het werklik ‘n vreeslike lang lys van gesondheid voordele met voorkoming van kanker een van die mees belangrikste soos whfoods.com (bron verwysing) beskryf. Verskillende soorte kool soos (rooi teenoor groen / wit) bevat ook verksillende vlakke van antioksidante en vitamines. Kool is ook vreeslik laag in kalorieë wat dit ‘n goeie kossoort maak vir ‘n sop dieet. Jy kan hier kliek om meer uit te vind van die koolsop dieet.

Luister ‘n bietjie wat ‘n voedkundige van Amerika sê oor kool en hoe jy dit moet voorberei:

Kliek gerus op die skakel in die bronne lys vir ‘n gedailleerde lys van eienskappe, voordele, kook wenke en meer.

Bron: http://www.whfoods.com/genpage.php?tname=foodspice&dbid=19