Effektiewe oefeninge vir ‘n plat maag

Dalk is jy besig met ‘n dieet of wil jy net graag ‘n bietjie gewig verloor om jou maag en het besef dat jy ‘n paar idees kort vir effektiewe maag oefeninge. Voor jy voortgaan onthou ook om hierdie artikel oor “3 Maklike maniere om gewig te verloor om die maag binne ‘n kort tydperk”te lees deur hier te kliek weesgesond.co.za/verloor-gewig. As jy ‘n vinnige internet soektog doen sal jy honderde of selfs duisende resultate vind oor maag oefeninge en verskillende dieet resepte. Ek hou wel daarvan om meer visuele antwoorde te vind wanneer ek soek vir iets soos maag oefeninge en juis gaan ek gewoonlik na YouTube. Dit help jou om instruksies meer akkuraat te volg in plaas van om net iets te lees, te probeer en hoop dit werk.

Alhoewel YouTube ‘n reuse bron van inligting is moet jy ook katvoet wees en duidelik skei tussen produk verkoop videos en werklike hulpvolle videos, maar steeds is daar amper altyd iets nuuts om te leer. Hier volg twee goeie opnames wat ek hoop jou sal help.

Video 1: Maag oefeninge vir vrouens

Hierdie video is goed beskrywend en aangebied deur ‘n instrukteer wat net nie weet waarvan sy praat nie maar ook goed lyk. Dis altyd iets waarvoor ek uitkyk indien ek enige gesondheids of gewig verloor advies inneem. Vrouens: hierdie video het ek spesifiek vir julle gekry en afhangende die fiksheids vlak wat jy tans beleef kan jy verwag om hierdie oefening binne 8-10 minute te voltooi. Alhoewel hierdie maag oefeninge deur ‘n vrou aangebied word is ek seker dat dit net so moeilike en effektief vir mans ook sal wees. Vind meer sulke videos by Rapid Fatt Loss For Moms.

Video 2:  Beginner maag oefeninge vir (5 minute lank)

Hierdie maag oefening video word aangebied deur ‘n man, maar is ook nie te sê dat dit slegs vir mans is nie. Dit bestaan uit 5 oefeninge wat gedoen kan word oor ‘n tydperk van ongeveer 5 minute en word beskryf as beginner vlak. Ek het persoonlik al van hierdie maag oefeninge gedoen en vir my was hulle baie effektief gewees.

So indien jy soek vir ‘n goeie manier om daardie maag spiere te bou en die lagie vet rondom jou maag te help vebrand behoort hierdie twee videos ‘n goeie begin punt te wees. Wat ook lekker is van hierdie oefeninge is dat jy nie noodwendig aan ‘n gym hoef te behoort nie en dit eintlik by jou huis kan doen. Dis ook lekker vinnig en jy kort net ‘n oefen mat of selfs ‘n paar kussings, indien jou rug seer kry, en natuurlik so bietjie disipline.

Lekker oefen!