Word gou gesond: Boodskappe, wense, prentjies en meer…

My ouers het altyd gesê dat jou gesondheid baie belangrik is en dankie tog dat saam met hierdie stelling ek van ‘n jong ouderdom geleer het om na my gesondheid te kyk. Ek word nie sommer siek nie en is eintlik baie geseëend. Alhoewel my liggaam se toestand tans baie goed is, mag dit dalk nie die geval wees met jouself, ‘n familie lid, geliefde of vriend nie. Baie keer wil ons hierdie mense wat naaste aan jou is ondersteun deur “word gou gesond” goeie wense, boodskappe, prentjies, kaartjies of selfs gedigte te stuur. Dalk kom die persoon wat jy ken sopas uit ‘n uitputtende operasie of dalk is dit selfs net ‘n geval van ‘n slegte verkoue wat hom / haar bietjie onderkry. Wat ookal die geval is, ‘n “word gou gesond” boodskap van amper enige persoon is versekerd om iemand wat dalk nie 100% voel nie se dag op te kikker. Hier volg al my beste bronne:

Elektronies “word gou gesond” boodskappe, wense en images

As jy weet hoe om te soek behoort jy maklik ‘n paar verniet “word gou gesond” images vind wat jy vir die persoon in nood kan aanstuur via epos, post op hulle Facebook of selfs WhatsApp. Plekke waar ek sou soek vir hierdie prente sluit in:

Pinterest.com

Besoek vir Pinterest en tik in waarvoor jy soek, baie soortgelyk aan Google se soektog. Sodra jy ‘n boodskap kry waarvan jou hou stuur dit aan via epos of share dit op watookal sosiale netwerk die persoon is. ‘n Goeie tip is om die op die persoon se Facebook blad te “share” en sy/haar naam dan te “tag”. Almal is deesdae op Facebook en dis ‘n maklike kommunikasie middel. Hier is ‘n voorbeeld:

word gou gesond beertjie op pinterest

Google.co.za

‘n Vinnige Google soektog behoort ook ‘n hele paar images op te spoor. ‘n Maklike manier om te soek vir prente op Google oor “word gou gesond” is deur daardie spesifieke woorde in te tik en dan op die “Images” knoppie heel bo aan te kliek. Daarna kan jy op die prentjie kliek waarvan jy hou, dit stoor op jou rekenaar en aanstuur hoe ookal jou pas. Onthou net dat jy nie dalk die regte het of toegelaat sal word om daardie prente te versprei nie. Hier is ‘n voorbeeld:

google image soektog om gesonde prent

Canva.com

Canva is ‘n wonderlike aanlyn program wat jou toelaat om prente te neem, spesifieke woorde daarop te plaas en dit te deel met ander mense. Dit is werklik die moeite werd om uit te probeer en sover ek weet is dit wel gratis.

Kaartjies of blomme vanaf jou plaaslike winkel

Mans mag dalk nie blomme waardeur nie, maar vrouens aan die ander kant sal amper nooit nee sê vir ‘n bos blomme nie. So, indien internet soektogte en rekenaarwerk nie jou koppie tee is nie maak soos mense nog altyd gemaak het voordat daar elektroniese kommunikasie was: koop vir hulle ‘n kaartjie of bos blomme en laat dit aflewer. Nog beter, lewer dit self af en daardie persoon sal nuwe hoop kry om gou gesond te word. Meesde Hiepermarkte, Checkers of dalk selfs Spar sal blomme en kaartjies verkoop. Daar is ook natuurlike plaaslike like winkels wat spesialiseer in hierdie veld. Ek is seker jy weet waarvan ek praat.

Ongelukkig is ek nie seker waar om ‘n word gou gesond gedig te kry wat in Afrikaans is nie, maar indien daardie persoon wat bietjie siek is nie omgee om dit in Engels te ontvang nie is ek seker jy sal wel iets kry in Engels. Onthou meer te lees van jou gesondheid op weesgesond.co.za.