Afrikaanse Sooibrand gids: Raad, Simptome, Oorsake Bespreek

Toe ek jonger was het ek baie sooibrand gekry en dit was op tye vreeslik ogemaklik. Dit het so erg geraak dat ek op ‘n punt gekom waar ek soms sooibrand gekry het nadat ek selfs water gedrink het – moeniie vir my vra hoe dit eers moontlik is nie… Gaviscon en rennies was my beste vriende en ek het hulle gereeld gebruik om die suur onder beheer te kry. Indien jy dalk op die oomblik sit waar ek was ‘n pare jare gelede gaan hierdie artikel verseker help. Hier volg al die inligting wat ek kon bymekaarmaak ore hierdie nare toestand inlsuitend oorsake, simptome,  definisies, oplossings en meer. Dit behoort goed te wees vir beide mans en vrouens…

Wat is Sooibrand en hoe word dit veroorsaak?

sooibrand prentHet jy al ooit ‘n brandende en ongemaklike gevoel gehad in jou keel of net onder jou borsbeen? Die kanse is goed dat hierdie snaakse gevoel Sooibrand was. Hierdie mediese toestand, wat vir meer as 20% van die Amerikaanse bevolking pla op ‘n weeklikse basis, is ‘n irritasie van die slukderm wat veroorsaak word deur maagsure. ‘n Spesifieke klep, een waarvoor ek nie die regte Afrikaanse woord kon vind nie, is gemaak om die maagsuir in sy plek te hou (in die maag). Indien hierdie klep nie reg werk nie, en dalk te veel oop maak of nie styf genoeg toemaak nie kan dit veroorsaak dat die sure opstoot en so onstaan die brandende gevoel van Sooibrand (bron 1).

Hierdie simptome is veral bekend onder swanger vrouens ook, alhoewel baie ander (jonk en oud) dit ook beleef. Ek is steeds seker dat enige man of vrou, maak nie saak hulle ouderdom, nie sal omgee om daarsonder klaar te kom nie.

Hier is ‘n prent van die proses beter verduidelik (kyk regs).

Raad vir Sooibrand

Hier kom ons nou by die mees belangrikste deel en die reded hoekom jy seker hierdie artikel lees. Indien jy ‘n swanger vrou is, onthou asseblief om jou Dokter te raadpleeg voordat jy enige wenke op Wees Gesond of enige ander webwerf uitprobeer. Dieselfde geld vir die res van julle… Nou dat jy die wetenskaplikke beskrywing het van Sooibrand gaan ons kyk na ‘n paar goeie oplossings wat ek aanlyn gevind het.

As jy enige ou op die straat sou vra wat om te gebruik vir Sooibrand kan ek jou wet hulle sal of Gavison of Rennies aanbeveel. Alhoewel beide daardie produkte wonderlik is, dit het my menigde kere gehelp uit ‘n panarie, is hierdie oplossings ongelukkig net tydelik. Soek jy nie ‘n lang termyn oplossing vir hierdie toestand nie? Mens raak vinnig gatvol van Gaviscon drink  of Rennies suig…

Vroeër het ek genoem dat ek ook aan Sooibrand gelei het (fokus op die “het”)? My persoonlike storie loop as volg: Ek het ‘n dokter besoek afgelê en daar was besluit dat die beste opsie sou wees om te gaan vir ‘n kamera sluk (ek is nie seker wat die prosedure genoem word nie want dit was baie jare gelede). Toe die resultate kom sê die Dokter dat ek ‘n mantelvlies breuk het en die opsie het om of ‘n operasie te ondergaan, of om pille te drink vir die res van my lewe. Sien die mantelvies breuk definisie en verduideliking in bron 2.

Elkgeval, aangesien ek nie baie lief is vir operasies, of hospitale oor die algemeen nie, kies ek toe die maklikste opsie en besluit om die pille te drink. Of daar enige nagevolge van hierdie pille is weet ek nie, ek glo nie so nie want ek drink dit al vir jare, maar al wat ek kan sê is dat ek nie meer Sooibrand kry nie – solank ek my pille drink natuurlik…

So nou weet jy al die jou opsies is: sien jou Dokter, kry medikasie, ondergaan ‘n operasie, drink Gaviscon / eet Rennies. Maar wat van ander natuurlike oplossings of selfs boererate? Die internet is vol “home remedies” en as jy hard genoeg soek kan jy amper ‘n oplossing vind vir enige probleem. So as die bogenoemde opsies na vir jou voordelig klink nie kyk ‘n bietjie na die volgende:

Heartburn no more

mh1Hierdie produk is ‘n tipiese internet produk. Met dit bedoel ek dit is ‘n persoon wat self gelei het aan die simptome van ‘n mediese toestand, wat in hierdie geval sooibrand is, vir jare lank navorsing gedoen het en toe uiteindelik ‘n oplossing daarvoor gevind het. In hierdie geval was dit Jeff Martin wat ‘n gids hieroor geskryf het en nou is te koop in ‘n PDF formaat aanlyn. Teenoor ander resensies wat ek doen gaan ek probeer hierdie ene so kort as moontlik te hou en dit aan jou, my leser, oorlaat om verdere navorsing te doen deur die produk webwerf te besoek. Ek stel jou dus net bekend aan die produk…

Webwerf:  www.heartburnnomore.com

Wat kan hierdie produk jou bied?

Heartburn no more belowe om jou te help jou sooibrand probleme op los binne ‘n tydperk van 60 dae en dit te doen sonder enige medikasie en operasies te ondergaan. Die sonder medikasie of operasie deel klink nogals goed vir my… Wat verder interessant is, is dat hierdie oplossing klinies getoets was en duisende ure se mediese navorsing bevat. Die produk kos wel $47, maar dit mag dalk ‘n klein prys om te betaal om ontslae te raak van sooibrand, veral as dit ‘n langtermyn oplossing is. Ek sal raai dat as jy al daardie Gaviscon strokies optel dit ‘n groter bedrag sal wees as wat jy oorspronklik gedink het en dalk selfs meer as $47.

Kyk ‘n bietjie wat ‘n huidige vebruiker sê van hierdie produk:

Verskoon asseblief die kort resensie… Indien hierdie bladsy meer besoekers kry en ek so bietjie meer tyd op my hande het sal ek dit verder uitbrei. Vir nou sal jy die produk webwerf maar moet besoek vir enige meer inligting.

hbnm

Boererate vir Sooibrand

Alle Afrikaners ken boererate, maar sonder om ‘n ander webwerf heeltemal na te boots gaan ek sommer ‘n paar links vir julle hier plaas wat julle kan besoek.  Let wel ek ken nie die mense wat hierdie blogs besit nie en ek het geen idee of hulle Sooibrand boererate werklik effektief is nie. Boererate is dalk nie altyd 100% wetenskaplik bewys nie, maar bevat soms goedkoop en natuurlike middels as fondasie van die oplossings.

http://www.boererate.com/2009/10/sooibrand.html

Hier is ook ‘n lekker video wat Kyknet bymekaar gesit het met ‘n paar boererate in 2014.

Pas jou eetgewoontes aan – kosse wat Sooibrand kan veroorsaak

kosse wat dit veroorsaakDit is nie altyd lekker om op te hou spesifieke kosse eet waarvan jy baie hou nie, maar as dit een van die hoof oorsake is van jou Sooibrand moet jy maar oorweeg om jou dieet te verander. Volgens die kenners van WebMD is daar baie dinge wat jou Sooibrand kan laat opvlam. Hierdie kos soorte sluit in die volgende:

  • Groot maaltye
  • Vetterige kosse
  • Rook
  • Drank (veral rooi wyn)
  • Koeldrank (tee en koffie)
  • Vrugte (byvoorbeeld: lemoene)
  • Branderige kosse

Besoek bron 3 in die bronne lys vir die hele artikel oor wat alles hierdie mediese toestand kan vererger.

Mantevlies breuke

Ek het kortliks gepraat oor mantelvlies breuke maar weet daar sal mense wees wat meer inligting soek. Gelukkig is daar ander kenners wat ook hieroor skryf soos Dr. Francios. Besoek sy webwerf in die link hieronder vir beter verduideliking oor mantelvlies breuk simptome, dieet, medikasie en nog meer. Die beste is hy skryf alles, net soos Wees Gesond, in Afrikaans!

Besoek Dr. Francios se webwerf hier: https://docfrancois.wordpress.com/2013/09/12/mantelvliesbreuk-diafragmabreuk-hiatus-hernia/

Bronne lys

  1. http://www.webmd.com/heartburn-gerd/guide/understanding-heartburn-basics
  2. http://www.webmd.com/digestive-disorders/hiatal-hernia
  3. http://www.webmd.boots.com/heartburn-gord/guide/heartburn-triggers

Besoek die hoofblad van Wees Gesond hier.