Hoe om Aambeie te voorkom?

Dit is nooit lekker om aambeie te hê maak nie saak watter vlak daarvan jy beleef nie. So sal dit  nie goed wees om te weet hoe om dit heelwat te vermy of voorkom nie? Gelukkig het everydayhealth.com amper al die antwoorde op hierdie belangrike kwessie. Hier is ‘n paar belangrike stappe wat jy kan volg om te keer dat jy aambeie kry.

Volg ‘n vesel ryke dieet

Kenners beweer dat die kanse dat aambeie gaan voorkom groter raak sodra mense onreëlmatige ontlasting beleef. ‘n Maklike manier om meer gereelde ontlasting in jou liggaam aan te moedig is om meer vesel in te neem deur spesifieke kosse of aanvullings. Volgens die berug moedig Dokters ook gereeld pasiënte aan om dieselle te doen. Kosse wat hoog in vesel is sluit in:

  • Lensies, bone, boontjies
  • Vol graan kosse soos bruin rys en outs pap
  • Groente soos ertjies en brokkolie
  • Vrugte soos appels en piesangs

Maak seker jy drink genoeg water

Water is nog altyd gesond gewees en ek glo dit sal aanhou so wees. Sodoende is ‘n goeie hoeveelheid water inname saam met ‘n hoë vesel dieet ‘n wonderlike manier om gereelde en gesonde ontlasting te laat plaasvind. Mense word aangeraai om ongeveer 6 tot 8 glase water elke dag te drink. Al hierdie water sal nie net help hardlywigheid voorkom nie maar is ook goed vir jou hele liggaam.

Wanneer die tyd reg is moet jy dit gebruik

Daar is seker geen makliker manier om te sê dat wanneer jy voel jy moet badkamer toe gaan, moet jy gaan nie. Om na jou liggaam te luister en die seine wat dit vir jou gee met betrekking tot ontlasting kan grootliks help om die ontwikkeling van aambeie te voorkom.

Moenie te hard probeer nie

Op ‘n tyd was hierdie ‘n groot probleem wat ek gehad het. In plaas om dinge op die toilet natuurlik te laat gebeur het ek talle kere dinge uitforseer en het op tye gelei na pyn en bloederigheid. Daar is ook andere maniere wat jy druk op hierdie area van jou liggaam kan plaas soos byvoorbeeld om swaar voorwerpe op te tel.

Gelukkig is al hierdie wenke redelik eenvoudig en kan mens die veranderinge maklik maak in jou leefstyl. Vir die oorspronklike artikel en meer inligting oor die onderwerp besoek die bron in die lys hieronder.

Bron: http://www.everydayhealth.com/news/six-easy-ways-prevent-hemorrhoids/