Natuurlike oplossings vir Aambeie

Ons het nou al ‘n geditailleerde artikel geskryf oor Aambeie wat jy kan sien hier weesgesond.co.za/aambeie-gids en ‘n artikel oor hoe om aambeie te voorkom. Alhoewel beide artikels goeie inligting verskaf het ons gevoel dat dit ‘n goeie idee is ‘n paar bekende natuurlike oplossings, of “home remedies” soos hulle ook genoem word,te noem. Wees net bewus dat die volgende inligting gevind was in die bron wat ek vir jou gelys het heelonder aan en dat studies op hierdie oplossing beperk is.

Hier is ‘n paar natuurlike rade wat jy kan volg:

  • Vermeerder jou vesel inname: Hierdie punt is goed genoeg bespreek by ons vorige artikel oor: Hoe om aambeie te voorkom
  • Salwe en rome: Deur salf en spesifieke rome te smeer rondom jou anus kan dit help om jou vel te beskerm, jukkerigheid te beperk, en verdere skade verhoed.
    • Sinksalf, Vaseline of vitamine E olie kan gebruik word is sulke gevalle
  • Ys: Pyn en swelling kan verminder word deur ‘n yspak om en by die probleem area te hou vir ‘n paar minute op ‘n slag.
  • Zitbad: Probeer vir ongeveer 20 minute te sit in ‘n warm bad. Jy kan selfs ‘n bietjie Engelse sout in die bad gooi. Hierdie proses kan help om die irritasie van aambeie te verlaag.
  • Oefening: Aerobiese oefening (hardloop, fiksheid ens.) van ongeveer 30 minute per dag kan help om jou derm te laat effektief stimuleer.
  • Kussings: Probeer om die swelling te verminder deur op ‘n sagte oppervlak te sit soos ‘n kussing.

Bron: https://www.verywell.com/hemorrhoid-home-remedies-89353