Gewig verlies motivering – ‘n ongelooflike storie…

As jy motivering kort om gewig te verloor mag hierdie artikel dalk net wees wat jy nodig het. Ek hou daarvan om bekende nuus artikels te neem en dan ‘n artikel daaroor te skryf vir Wees Gesond. Baie keer is hierdie nuus artikels erg opgeblaas, om natuurlik meer lesers te kry, maar hierdie spesifieke artikel het my oog gevang.

Die artikel gaan oor ‘n 43 jarige vrou van Engeland wat byna die helfte van haar liggaamsgewig verloor. Oorspronklik het hierdie vrou meer as 100kg geweeg, maar sy het die reg gekry om haar gewig af te bring tussen 60-70kg. Dit is ‘n ongelooklife transformasie en dit wys jou net dat, indien jy ‘n middeljarige vrou is, jy nie mismoedig hoef te voel nie – jy kan steeds gewig verloor en weer goed voel oor jouself.

Kyk hoe het Julie gelyk en hoe sy nou lyk:

vrou 1

vrou 2

Source: Dailymail.co.uk

Julie vertel hoe haar sukses grootliks te danke was aan die feit dat sy op gehou het om haar lyf weg te steek en eerlik was met haarself. Sy het begin foto’s neem van haarself in haar onderklere en het dit gebruik as motivering. Julie vertel ook hoe sy baie slegte eet patrone gevolg het asook hoe sy dit eindelik afgeskut het…

Ek dink daar is baie goeie lesse om te leer by haar wanneer dit kom by gewig verlies en gesond leefstyl. As jy ernstig is daaroor om gewig te verloor (self al is jy nie ‘n vrou nie, maar ‘n man) raai ek aan dat jy ‘n paar ekstra minute neem om die oorspronklike nuus berig te lees.

Vind dit hier: http://www.dailymail.co.uk/femail/article-3657036/Obese-woman-loses-half-body-weight-taking-candid-selfies-UNDERWEAR.html