Die 28 dae dieet ontbloot en alternatief

Soos ek besig was om weesgesond.co.za te probeer uit brei het ek ontdek dat die 28 dae dieet of selfs 28 dag dieet baie bekend is onder Suid-Afrikaners. Ek weet goed dat elke seisoen sy eie gier (fad) dieet plan bevat maar kon net nie presies uitvind waarvandaar die 28 dae eetplan af kom nie. Op die Suid-Afrikaanse internet gebied is daar ‘n hele paar webwerwe wat verniet of PDF aflaaibare dieet planne bekend stel waaronder die 28 dag plan ook bestaan. Baie van hierdie dieet planne word beskikbaar gestel in Afrikaans en Engels, sowel as op Facebook, maar nie almal is bewys om te werk of werklike resultate te bied nie. Aangesien ek toe ‘n doodloop getref het met die 28 dae konsep het ek besluit om die beste alternatief of “next best thing” vir jou hier te lys. So indien jy gesoek het vir ‘n gewig verloor oplossing wat binne 4 weke kan resultate toon het ek goeie nuus vir jou, en iets wat dalk heelwat meer betroubaar kan wees.

Hier volg my resensie van die 3 week of 21 dag dieet. In hierdie artikel kan verwag om ‘n volledige resensie te lees sowel as alternatiewe maniere om gewig te verloor (party kos geld, terwyl ander verniet is) te vind. Dit was seker die langste inleiding ooit! Kom ons begin…

Wat is die 21 dag / 3 week dieet

Die 3 week dieet plan is ‘n program wat selfs vinniger vet verbranding aan te bied as die 28 dag dieet aangesien dit belowe op jou resultate te gee binne 21 dae. Hierdie kort termyn gewig verloor program belowe om ‘n persoon te help tussen 12-23 pond (tussen 5-10kg) in slegs 21 dae te verloor. Wat wel interessant is, is dat die skepper van hierdie dieet plan so vol vertroue is in sy produk dat hy ‘n 60 dag geld-terug waarborg ingestel het. Alhoewel dit alegemeen is met hierdie internet produkte vat hierdie een dit ‘n stappie verder. Wie ookal nie tevrede is met sy of produk of selfs gewig verloor het binne die 60 dae nie kan sy geld terug kry. Ja jy het reg gelees, indien jy nie binne die 3 week periode ‘n sekere aantal kg verloor nie kan jy jou geld terug kry… Hierdie stelling alleen het met baie geïntresseer so kom ek ondersoek dit verder.

Waaruit bestaan hierdie program?

28 dae dieet plan gidsDie 21 dag dieet word opgebreuk in drie verskillende dele of studie materiaal. Die eerste deel waaroor die hoof dieet beskik word opgebreek in 4 fase wat ondermeer oor ‘n detox en lae koolhidraat fase beskik. Met hierdie fase alleen behoort jy gewig te verloor, maar saam met die res van die stappe behoort die jou resultate net soveel beter te wees.

oefen gidsDie 2de deel van die program sluit in ‘n oefen program wat meesdal bestaan uit weerstand oefeninge om jou te help met vet verbranding. Alhoewel hierdie oefeninge opsioneel is, en dalk nie tot almal se smaak nie, behoort jy vinniger resultate te kry indien jy besluit om dit uit te voer. Vir hierdie deel van die proses sal jy of lid moet wees van ‘n gym of ‘n paar gewigte in die hande kry. Jy hoef nie uitspattig te gaan nie en kan dalk selfs tweedanse toerusting kry op ‘n plek soos Gumtree of OLX teen ‘n goeie prys. Let wel hierdie oefeninge is nie net vir mans nie, vrouens sal dit ook kan doen.

kry jou kop regDie 3rde fase is volgens my ‘n bietjie onreëlmatig, maar ek kan eintlik verstaan hoekom dit nodig is. Hierdie fase is dit “mindset and motivation” fase. My persoonlike ervaring is, en waar ek al  my familie en vriende probeer help, dat mense oor die algemeen sukkel om motiveerd te bly wanneer hulle wil oefen, spiere bou of gewig verloor. As jy ‘n dieet volg en probeer weg bly vanaf slegte kosse, al is jy vreeslik lus daarvoor, kan die baie toewyding verg. Hierdie deel is dus baie belangrik en moet nie afgeskrf word nie.

Webwerf: www.3weekdiet.com

Wat kan jy verwag van die 3 week eetplan en dieet?

Jy het nou ‘n beter idee oor wat hierdie program beskik so kom gaan ‘n bietjie meer in detail. Hier volg die voordele en nadele:

Voordele:

  • Waarborge: Behalwe dat hordes mense goeie resultate eis met hierdie produk is ek steeds beïndruk deur die 60 dag waarborg wat nie net ontevredenheid dek nie, maar selfs waarborg dat jy wel sal gewig verloor. Indien jy nie gewig verloor nie is die produk basies verniet.
  • Gemak: Moet nie gemak met my punt op “harde werk en hongerte” in die nadele area onder misgis nie. Enige effektiewe dieet is harde werk maar hierdie een laat jou toe om dit te volg sonder om buitensporige kosse te eet en jy kan die oefeninge by die huis doen in ‘n redelike klein area (mits jy gewigte en die toerusting besit of beplan om te koop).
  • Eenvoudige konsept: Die program is so uitgelê dat dit maklik verstaanbaar is en jy nie ‘n wetenskaplike tegnoloog moet wees om die stappe te volg of verstaan nie.
  • Kort en vinnige resultate: Wat sal jy kies, ‘n dieet wat resultate bied binne 3 weke of 3 maande? Motivering en deursetting vermoë speel ‘n groot rol in hierdie programme en ek voel dat die kans groter is dat jy ‘n program van 3 weke teenoor 3 maande sal volg. Ek is seker dat indien jy suksesvol is binne ‘n drie week periode jy daarna meer motiveerd sal wees om beter vir jou liggaam te sorg en nie weer terug te val in slegte ongesonde gewoontes nie.

Nadele:

  • Baie lees werk: mense hou daarvan om gidse deur videos in te neem, maar ongelukkig met die 3 week dieet is alles in ‘n e-boek formaat. Daar mag dalk te veel inligting wees vir videos maar sommige van die dele soos die oefeninge kon dalk beter beskryf word deur videos.
  • Harde werk en hongerte: Daar mag dalk tye wees wat jy baie honger raak en indien jy nie ernstig is oor gewig verloor nie mag dinge dalk nie werk vir jou nie. Let wel om tussen 5-10 kg binne 3 weke te verloor is nie min nie, dit is baie en niemand het gesê dit gaan maklik wees nie.
  • Toerusting en ekstra investering: Soos ek reeds genoem het is die oefen deel grootliks gebasseer op gewigte oefeninge so jy sal, indien jy nie reeds gewigte het nie, ‘n paar moet koop. Daar is wel ‘n paar goedkoop tweedanse opsies beskikbaar.

Watter resultate het mense gekry van die 3 week dieet?

Hier is ‘n kort resensie en getuigskrif van ‘n vrou wat sukses behaal het met die dieet.

Vir meer getuigskrifte besoek hulle webwerf deur die link in die volgende paragraaf te kliek.

‘n Vinnige opsomming van hierdie produk

Ek hoop ek het jou nie iewers langs die pad verloor met hierdie vreeslike lang resensie nie. Ek probeer jou net soveel inligting as moontlik aan te bied sodat jy ‘n goeie besluit kan maak en dit eindig gewoonlik op in ‘n lang artikel. Om hierdie blad vinnig op te som: Die 3 week program is nie ‘n 28 dae/dag dieet nie en volgens my opinie soveel beter – net a.g.v die feit dat dit so vinnig resultate belowe. Die produk kos wel $47 maar dit is baie volledig en die waarborg wat dit behels beteken jy is verskered op resultate of ten minste jou geld terug. Jy mag dalk moet ‘n paar honderd Rand betaal vir oefen toerusting, maar dit is iets wat gewoonlik vir jare hou en steeds soveel goedkoper as amper enige gym lidmaadskap vooie. Ek hou ook baie van die feit dat hierdie dieet oefeninge insluit en nie net op ‘n eetplan fokus nie. Die motivering deel is ook baie waardevol.

3wk1

 

Indien jy nog nie oorreed is nie, probeer die volgende

Ek verstaan dat nie almal wil geld spandeer op dieetplanne of selfs geld het om te spandeer nie. Dalk is jy soos ek wat eers soveel as moontlik navorsing doen voordat jy iets koop en kort meer inligting om jou besluit te maak. Gelukkig bied die program ‘n verniet PDF inleiding aan wat jy hieronder kan aflaai.

Kliek hier om die 3 week dieet inleiding PDF af te laai verniet

Alternatiewe maniere om gewig te verloor

Ek hoop dat teen hierdie tyd van die geveg jy nie suur is dat ek nie veel gepraat het oor die 28 dae dieet plan nie. Indien jy voel dat hierdie dieet plan nie vir jou is nie kan jy altyd ‘n bietjie gaan loer na die ander resensies en oplossings wat aangebied word op weesgesond.co.za. Ek het ook ‘n resensie geskryf oor ‘n sop dieet wat jy hier kan lees sowel as ‘n artikel oor 3 maklike maniere om gewig te verloor om die maag.


Terug na die hoofblad