Jou gesondheid is belangrik!

Dis nie net Amerikaners wat gesondheids probleme het of sukkel om gewig te verloor nie, talle Suid-Afrikaners sit met dieselfde probleme. Aangesien die meeste inligting beskikbaar is in Engels het ek gedink dit sal goed wees om ‘n Afrikaanse webwerf op te stel waar Suid-Afrikaners (swart, bruin, wit or watookal hulle kleur) kan kom en goeie gesondheid inligting vind in die wonderlike taal van Afrikaans! Indien enige taalgebruik nie so perfek is nie vra ek vooraf verskoning. Dit voel asof ek Matriek laas iets werklik die moeite werd in Afrikaans geskryf het.

Op die Wees Gesond Webjoernaal gaan ek baie verskillende onderwerpe bespreek, terwyl ek fokus op algemene gesondheid artikels soos by die blog afdeling, sowel as verskillende gewigsverlies metodes en kwale ondersoek. Hier is ons hoof onderwerpe onder elke afdeling:

Gewigsverlies metodes:

Kwale of algemene probleme:

Ek mag dalk selfs ‘n paar boererate sowel as Afrikaanse gesondheids webwerwe lys, net om my besoekers nog meer te help!